Middag publiczne
[search 0]
Więcej
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.…
  continue reading
 
Jolene kry slaappille by die nooddiens-stasie se dokters, en meng dit met lemoensap, wat sy vir Ronel gee. Manie gaan snuffel rond by die kerk se Anglo-Boereoorlog kelder, en vind dominee sit daarbinne vas terwyl hy gebid het. Ryno en Jolene sukkel om 'n slapende Ronel by die gastehuis te kry.Autor: RSG
  continue reading
 
'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.Autor: RSG
  continue reading
 
'n Derde kleiner aardskudding tref die dorp, en gooi Ester se kombuis by die gastehuis weer deur mekaar. Lionel besoek die nooddiens-stasie om by dominee uit te vind hoe die polisie kan help. Manie vertel vir dominee dat hy vir Lionel van die geld vertel het wat Sammy in die grot weggesteek het.Autor: RSG
  continue reading
 
Dominee en Wilma word veilig uit die kerkmuseum binne in die preekstoel gehys. Ronel keer terug na haar restaurant om uit te vind haar personeel en gaste is veilig uitgekry deur Manie se brandmanne. Dominee is bly om te sien sy nooddens-stasie is 'n sukses, maar 'n derde aardbewing tref hulle…Autor: RSG
  continue reading
 
Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.…
  continue reading
 
‘n Tweede skudding volg, wat nog skade aanrig. Jolene en Ronel help Lionel om flitsligte en grawe in sy bakkie te laai terwyl Ryno weer 'n seismiese lesing doen. Dominee Malan en Wilma sit nog verder vas in die preekstoel. Lionel en Jolene probeer met Ester en Manie kontak maak by die wynkelder.Autor: RSG
  continue reading
 
Jolene en Lionel het ook vasgeval in hulle huis, maar kan self uitkom. Ronel kom by die kerksaal se nooddiens-stasie aan en vind dit staan nog, maar deel van kerk se toring het inmekaar getuimel. Ronel en Jolene moet Ester uit die gastehuis se kelder kry, waar Manie slaap nadat hy te veel wyn gedrink het.…
  continue reading
 
Wilma vat die sakke met geld en juwele terug na Manie, en vra hom om Ester uit sy skelmsake te hou. Manie vra dominee om die twee sakke vir hom weg te steek by die kerksaal se nooddiens-stasie. Ryno doen 'n onderaardselesing in die berge, en laat weet dominee Malan daar is 'n skudding oppad.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma vertel vir Ester van dominee en Ryno wat nou 'n aardbewing nooddiens-stasie in die kerksaal oprig nadat hy voor die kerkraad verskyn het. Hulle besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ronel vertel vir Ryno van die babapop wat Lionel vir Jolene gekoop het om haar moederskap mee te oefen.Autor: RSG
  continue reading
 
Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.Autor: RSG
  continue reading
 
Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.…
  continue reading
 
Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.Autor: RSG
  continue reading
 
Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma en Ester bespiegel oor hoe om dominee Malan en sy reaksie op haar protes, te hanteer. Ryno besoek dominee om te bepaal of daar enige spirituele seine opgetel is deur die seismometer. Lionel konfronteer Ester oor Jolene wat gesê het sy is Grabouw toe, maar eintlik haar pa in Hawston soek.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.…
  continue reading
 
Lionel konfronteer Sammy op straat, en waarsku hom dat die polisie hom sal dophou om elke hoek en draai. Dominee Malan besoek die galery, en vertel vir Ryno van die stem wat snags met hom in sy slaap praat. Sammy en Ester ontmoet mekaar in die parkie by die ou slawehuis, en hy vra haar vergifnis.Autor: RSG
  continue reading
 
Loading …

Skrócona instrukcja obsługi