Middag publiczne
[search 0]
Więcej
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.Autor: RSG
  continue reading
 
Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.…
  continue reading
 
Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.Autor: RSG
  continue reading
 
Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma en Ester bespiegel oor hoe om dominee Malan en sy reaksie op haar protes, te hanteer. Ryno besoek dominee om te bepaal of daar enige spirituele seine opgetel is deur die seismometer. Lionel konfronteer Ester oor Jolene wat gesê het sy is Grabouw toe, maar eintlik haar pa in Hawston soek.Autor: RSG
  continue reading
 
Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.…
  continue reading
 
Lionel konfronteer Sammy op straat, en waarsku hom dat die polisie hom sal dophou om elke hoek en draai. Dominee Malan besoek die galery, en vertel vir Ryno van die stem wat snags met hom in sy slaap praat. Sammy en Ester ontmoet mekaar in die parkie by die ou slawehuis, en hy vra haar vergifnis.Autor: RSG
  continue reading
 
Barend besoek dominee Malan om te probeer bepaal in watter emosionele toestand hy is oor sy vrou wat weggeloop het saam met 'n skatryk boer van Oppie Berg. Jolene vertel vir Ronel dat Lionel nie goed reageer op die voorstel dat hulle skenker-inseminasie gebruik om ‘n baba te hê nie. Ester is geskok wanneer sy by Jolene verneem haar eks-man Sammy ga…
  continue reading
 
Dominee Malan skok die gemeente wanneer hy tydens die Sondagoggend-diens aankondig daar wag ‘n aardbewing erger as die een in 1969 op hulle. Wilma, die eienaar van ‘n gastehuis op die dorp, besluit om ‘n petisie op te stel om dominee te verhoed om die die dorp se toerisme skade aan te doen.Autor: RSG
  continue reading
 
Die skeepstrommel het Seebult aan die gons. Johnny Morkel is geskok, en hy skryf ‘n artikel wat Seebult ruk. Die vraag word gevra of dit feite of persoonlike aannames is? Celeste het nuus oor die maatskappy wat in haar naam opgerig is. Louis waag dit weer naby Gertrude, met slegte gevolge.Autor: RSG
  continue reading
 
Loading …

Skrócona instrukcja obsługi