Sondag 10 November 2024 Stephan Briel
MP3•Źródło odcinka
Manage episode 449399863 series 2644201
Treść dostarczona przez Gereformeerde kerk Bergbron. Cała zawartość podcastów, w tym odcinki, grafika i opisy podcastów, jest przesyłana i udostępniana bezpośrednio przez Gereformeerde kerk Bergbron lub jego partnera na platformie podcastów. Jeśli uważasz, że ktoś wykorzystuje Twoje dzieło chronione prawem autorskim bez Twojej zgody, możesz postępować zgodnie z procedurą opisaną tutaj https://pl.player.fm/legal.
Lees: Mark 1:9-20.
Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53).
Christenskap behels dissipelskap.
- Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees.
- Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van God – nie die evangelie van verlossing nie!
- Deur Jesus se koms na hierdie wêreld (kairos) het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is.
- God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie.
- Die toekomstige koninkryk van God breek kragtig deur in hierdie sondige wêreld as gelowiges funksioneer in die gawes van die Heilige Gees. Dit is dissipelskap!
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel/God het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mark 1:15)
- Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God.
- Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk?
- Kan jy ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees?
291 odcinków