‘n Kind van God
Manage episode 454419289 series 3072738
1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
Soos ons volwasse word, groei ons hopelik in wysheid. Maar terwyl jy, te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, meer bewus word van jou eie beperkings, kan iets anders kop uitsteek om jou te pootjie. Dit sal jou van al die voordele van daardie swaarverdiende wysheid kom beroof. En daardie ‘iets anders’, is trots.
Het jy al ooit ervaar dat jy jou neus optrek oor ander mense se onnoselheid en onvolwassenheid? Hoe kan iemand regtig so dom wees? Kyk, dis seker geregverdig, maar daardie smalende veragting kom uit 'n gevoel van meerderwaardigheid; dit pof ons op in ons trots. En trots is altyd lelik. Altyd.
Ek het gesien hoe Christene juis dít doen. Hulle het God leer ken en nou is hulle geskok oor hoe pateties die res van die wêreld optree. Hulle vergeet dat hulle self vantevore so was. En hulle sien nie in, dat hulle nou besig is, om deur hul arrogansie en meerderwaardigheid, verhoudings te verwoes nie.
1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
God het ons so lief … en wanneer ons deur ons geloof in Jesus die gratis gawe van vergifnis en die ewige lewe ontvang, verander dit alles. En as dit met jou gebeur het, verstaan jy dit.
Maar diegene aan wie Hy Homself nog nie openbaar het nie, diegene wat nog nie daardie vrye gawe ontvang het nie, verstaan dit nie; hulle kan dit inderdaad nie kry nie, want hulle ken Hom nie.
So, moet asseblief nie geskok wees oor die ongeredde mense se gedrag nie. Moenie meerderwaardig voel nie. Moenie hulle oordeel nie. Wees lief vir hulle.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1446 odcinków